English
Deutsch
 
Kontak ons
 
Spa Pryslys
   
Schoongezich Spa
  Hot Stone

Schoongezich luukse dagspa is nie net nog ‘n gewone dagspa nie maar ‘n plek wat al jou sintuie sal opskerp; dit sal jou nie alleen van die sleur en druk van elke dag laat ontsnap nie, maar dit sal jou die kans bied om jouself te verloor in ‘n rustige wêreld waar jy kan oorbly vir ‘n nag of twee sonder om na die uithoeke van die aarde te moet reis. Ons is geleë in Pretoria, net 30 minute se ry van Johannesburg af.

Ons is nie net gerieflik geleë nie, maar ons bied jou ook ‘n unieke ervaring van hoë gehalte asook professionele diens van internasionale standaard.

 
             
Hair Salon Nails Hydradermie  
 

Kom geniet die unieke Schoongezich-ervaring

Stap deur die roos- en laventeltuin, verby vloeiende fonteine en ‘n skitterende swembad met gemakstoele waarop jy kan ontspan en wat jou lok na ‘n wêreld van weelderige vertroeteling.

  • Schoongezich se unieke behandelings bestaan uit spesiale vollyf afskilferings met ‘n kombinasie van kruie of speserye, asook die besonderse “Duo-massage”, Schoogezich styl, met ons unieke mengsel van aromatiese olies.  
  • Die toonaangewende Guinot-gesigsbehandelingreeks met “hydradermie”, die wereldwyd bekende velsorgbehandeling, word vir alle veltipes aanbeveel.
  • Die Franse Algologie-reeks bied jou ‘n wye verskeidenheid van toevoubehandelings wat by enige bui sal pas en in elke behoefte voorsien. Van detoksifiserende see mariene-, druiwepit-, en groen tee-behandelings tot die befaamde kakaoboon lyfkombers.
  • Die Razul bied jou die unieke tradisioneel midde-oosterse plesier, om te ontspan in ons stoomkamer wat met aromatiese olies gegeur word. Dit is die komberskuur met die verskil. Die stoom bevorder die werking van see mariene waarna ‘n ligte somersreën jou vel skoon was, terwyl jy onder die sterrelig met terapeutiese musiek ontspan.
  • ‘n Volle reeks terapeutiese en intensiewe masserings is beskikbaar. Jy kan kies uit ‘n Sweedse, Aromaterapie, Kahuna of Indiese kopmaserings.
  • Hand- en voetbehandelings van die Kaliforniese OPI spaprodukte-reeks.
  • Nael verlengings en verbeterings
  • Waksbehandelings vir enige deel van jou liggaam
  • Wenkbrou vorm en kleur
  • Profesionele grimering vir alle geleenthede
  • Pakette om jou skedule en jou sak te pas. Die pakette sluit jou etes, drankies en behandelings in en bied ‘n oornagopsie.
  • Tandverbleiking en botox word deur gekwalifiseerde dokters toegedien.
  • ‘n Vertikale sonkapsule gee jou ‘n egalige kleur sonder ongemak en in slegs 8 minute per sessie
  • ‘n Redken Haarsalon bied professionele dienste: van gewone onderhoud tot drastiese veranderings. Great Lengths-produkte is ook beskikbaar; jou hare kan binne ‘n middag van jou skouers tot jou blaaie verleng word.
  • Groepbesprekings, spesiale geleenthede, paartjies wat oor die naweek of gedurende die week wil wegbreek of selfs net ‘n middag vir jouself: by Schoongezich sal dit onvergeetlik wees.
 

TuisbladblockBoutique Hotel blockKonferensiesblockSpablockDana Baai blockKontak Ons

Kopiereg © Schoongezich.co.za - Alle regte behou

Ontwerp deur Lasting Impressions